My lewe het 'n totale nuwe wending geneem tydens my deelname aan die Finansiele Vryheids kursus in die Koningkryks Ekonomie wat aangebied word deur Stephen Smith van Soteria.
Ons moet leer om weg te beweeg van die wereld se dinge van doen, weg van die wereld se ekonomiese stelsel en begin beweeg na die Koningkryks Ekonomie van God ons Almagtige Vader.
Hoe doen ons dit ?
Ons moet begin fokus op Christus en ons moet begin om ons denke te vernuwe want ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose magte in die lug.
Ons moet die Woord (Bybel) begin aktiveer en vas staan op die beloftes en beginsels wat vir ons uitgestippel word.
Ons moet besef dat ons die geseend van die Here is en so begin optree as die geseende van die Here. Ons moet besef dat ons nie meer geld nodig het nie maar eerder op ons Vader vertrou dat Hy ons die wysheid sal gee om voorspoedig te wees.
Geld sal nie 'n uitkoms in jou lewe bring nie. Ons moet as 'n distibusie kanaal van God se Koningkryk finansies begin optree. Lees Jes 10.27
Daar is dus 'n ander manier van leef en dinge doen as die van die wereld, en dit is God se Koningkryk en Sy dinge van doen.
Die eintlike evangelie is die opstanding van Jesus en daar is 'n salwing wat op jou lewe gaan wees en jy moet in daardie demensie in beweeg.
Hierdie salwing is vir elkeen van julle beskikbaar en jou gesindheid en mentaliteit moet begin verander.
Moet jou dus nie bekommer en kwel nie maar stel jou vertroue in die Here. Die heidene soek dinge maar ons moet eers die Koningkryk van God soek en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Die lewe begin nou in Christus want Jesus het gekom sodat ons die lewe in volheid kan ontvang en geniet.
Ons verklaar oorlog teen skuld - aktiveer die woord van die Here met die salwing van die Here. God het die salwing om ju skuld te delg. Lees Rom 10 : 17
Bly gefokus op die woord van God en onthou dit wat jy saai sal jy maai. Ons moet 'n seen wees vir ander. Jy moet vir jouself se dat jy is die geseende van die Here.
Ek sal by die volgende geleentheid meer hieroor uitbrei.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment