Kom ons kyk wat se Spreuke 3 vers 25 & 26
Spreuke 3:25 Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
Spreuke 3:26 want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
Die volgende gedeelte in 2 Konings 4 vers 1 - 7 leer vir ons dat ons geduldig moet wees en op GOD vetrou. Hy sal vir ons die wysheid gee die regte besluite te neem.
En ’n sekere vrou uit die vroue van die profete-seuns het na Elísa geroep en gesê: U dienaar, my man, is dood, en u weet self dat u dienaar die HERE gevrees het; nou het die skuldeiser gekom om my twee kinders vir hom as slawe te neem.
Toe sê Elísa vir haar: Wat kan ek vir jou doen? Gee my te kenne wat jy in die huis het. En sy antwoord: U dienares het glad niks in die huis nie, behalwe ’n flessie met olie.
En hy sê: Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie.
Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al daardie kanne en sit weg wat vol is.
Sy het toe van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; en terwyl hulle vir haar aanbring, giet sy in.
Sodra die kanne vol was, sê sy aan haar seun: Bring vir my nog ’n kan aan; maar hy antwoord haar: Daar is geen kan meer nie. Toe gaan die olie staan.
Daarop kom sy om dit die man van God te kenne te gee; en hy sê: Gaan verkoop die olie en betaal jou skulde; van die orige kan jy en jou seuns dan lewe.
Deur net Christelik te wees is geen waarborg vr finansiele vryheid nie. Ons moet die wysheid van die Here ontvang en dan vasstaan op Sy woord en Sy beloftes in sie Woord.
Jesus sê in Markus 9:23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
Markus 10:27 Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
Spreuke 4:7 Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
Spreuke 4:8 Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.
Spreuke 4:10 Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
Spreuke 4:22 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam.
As ons nie weet wat die reëls is nie, sal ons nie weet wat die verskillende klasse is nie. Daar is reëls wat armoede beheer. ’n Gees van armoede aktiveer armoede. Dit aktiveer armoedige denkpatrone wat jou lewe beheer. Dit bring beperkings en tekort aan kreatiwiteit en potensiaal.
Spreuke 3:21 My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,
Spreuke 3:22 dan sal dit die lewe wees vir jou siel en ‘n versiersel vir jou hals;
Mense wat in armoede en tekort vasgevang is gebruik ander taal as mense wat hulself bestuur.
Daar is baie krag in taal en woordeskat. Dis die stuur van jou lewe.
Spreuke 2:10 Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
Wyse mense gebruik taal, woordeskat om iewers uit te kom. God het die mense van die Toring van Babel se taal verwar en anders gemaak sodat hulle nie kon bereik wat hulle wou bereik nie.
Vervolg later.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment